Na ons vorige besoek (Junie 2010) aan Mabuasehube het ons so verlief geraak op die plek dat ons sommer dadelik met ons terugkeer bespreek het vir ons Desember vakansie. Ons sou daar kamp vanaf 16 tot 31 Desember 2010.
Ons is die oggend van die 15de met die klaar gepakte Landy (Shrek) en sleepwa (Donkey) werk toe. Beide firmas waar ek en Gerida werk het om 12h00 vir die Desember vakansie gesluit en ons het sommer direk van die werk af vertrek.
Met ons sleepwa wat teen die tyd goed toegerus is (ons het so oor die jare se kamp veranderings aangebring om by ons kampstyl aan te pas) was daar min spesiale voorbereidings wat gedoen moes word.
Die enigste groot veranderings was ‘n 120 liter watertenk vir die sleepwa en ‘n sonpaneel vir die Landy wat ek by Renzo in Midrand gekoop het. Die watertenk was ons redding in Mabuasehube. 120Liter in die wa, 36liter in ‘n tenk in Shrek en 24liter in botteltjies het ons 180liter water saam met ons gehad. Sonder dit sou ons die vakansie moes kortknip, maar meer hieroor later.
Al die voorbereidings en pakkery vir die vakansie was al twee weke voor die tyd afgehandel – ons is nie op die nippertjie “pakkers” nie en hou daarvan om ten minste a naweek voor ons vertrek kant en klaar te wees.
DAG 1 (15 DESEMBER 2010)
Die eerste dag van ons vakansie het aangebreek. Soos beplan het ons stiptelik om 12h00 uit Parktown, Johannesburg vertrek. Sommer so met werksklere aan.
Afstand afgelê en tyd:
Ons roete vir die dag het ons vanaf Parktown Johannesburg geneem tot by Hendrik Potgieter, oor Krugersdorp met die N14, en toe die R509 oor Magaliesburg, Koster tot by Swartruggens. Daarvandaan was dit met die N4 oor Zeerust tot by Skilpadnek.
In totaal 288km, en 3.5 ure se ry.
Permitte en “roadtax” aan die Botswana kant van die grenspos was P230.00 vir die Defender en die sleepwa.
Hiervandaan neem die roete ons verby Lobatse, oor Kanye tot by Jwaneng. Hier maak ons diesel vol en tap ook ons watertenk vol vars water. Om die Defender se dieseltenk, ekstra dieseltenk en die 4 jerry kanne vol te maak het ons P989.60 gekos. Met al die tenks vol het ons 200 liter brandstof met ons gehad. Van Jwaneng ry ons toe tot by Sekoma en draai daar weg rigting Kokotsha. Ongeveer 10km voor Kokotsha draai ons weg op die kaplyn.
In totaal 298km, en 4 ure se ry.
Ons het vir ongeveer 73km die kaplyn gevolg tot aan die anderkant van die kommersiëele plase en toe gestop vir die nag. Die 73km was ongeveer 2 ure se ry.
Om 21h30 op die kaplyn het ons begin kamp opslaan. Ons “gaste” was ‘n horde miere wat gebyt het net waar hulle jou kon bykom.
Pad-toestand:
Die pad tussen Krugersdorp en Swartruggens is nie te waffers nie en ons het stadiger as verwag gevorder. Die N4, veral in die omgewing van Zeerust, is ook maar redelik stamperig. Die teerpad in Botswana is in ‘n puik toestand.
Die gedeelte van die kaplyn wat ons gery het was ook in ‘n redelike toestand. Effens sinkplaat maar darem nog nie in ‘n valstande losskud toestand nie. Met die reën was die sand klam en het eintlik lekker gery.
Kaplyn van Kokotsa na Mabuasehube Hek
Akkomodasie:
Die daktent op die sleepwa. Geen addisionele koste nie, kampering op die kaplyn is gratis.
Positiewe ervaring vir die dag:
Ons is op die kaplyn, oppad na Mabuasehube, en geen selfoon sein meer nie. Stilte en rustigheid.
Na ‘n vorige ondervinding met Skilpadnek was ons reg vir hulle. Gewapen met ‘n hele leër vol dokumente (oorspronklikes en afskrifte) en lyste van alles wat ons saamry het ons pynloos deur die grenspos gegaan.
Negatiewe ervaring vir die dag:
Ons het in die donker bo-op ‘n miernes kamp opgeslaan en dit eers agtergekom toe alles klaar was en die miere begin byt het.
Wat sou ons anders gedoen het:
Niks nie. Alles het presies verloop soos beplan.
DAG 2 – (16 DESEMBER 2010)
Ons word vroeg oggend op die kaplyn wakker. Maak koffie en eet beskuit. Slaan die daktent op die sleepwa op en is gereed om te ry. Vandag sou ons neem tot by ons staanplek, kampplek no 1 by die Bosobogolo Pan in Mabuasehube.
By ontvangs was die personeel verbaas om te hoor ons beplan om vir 15 dae te bly. Ons is meegedeel dat al hul boorgate opgedroog het, en dat daar geen water in Mabuasehube beskikbaar was nie. Dankie tog vir al die water wat ons saam karwei het.
Afstand afgelê en tyd:
Dit was 64km tot by Mabuasehube se hek en daarvandaan 26km tot by Bosobogola Pan. Dit het ons ongeveer 4 uur geneem tot by Bosobogola, die tyd spandeer by ontvangs ingesluit.
Pad toestand:
Diep los sand wat soms moeilik gery het. Hierdie gedeelte van Botswana het geen reën gehad nie en was baie droog. Het Shrek en Donkey se bande afgeblaas en dit het die ry heelwat makliker gemaak.
Akkomodasie:
Die enigste geriewe by Bosobogolo kampplek no 1 is die A-raam afdak, ‘n put toilet en ‘n storthokkie. Daar is geen water nie. Die storthokkie het ‘n raam waaraan jy jou stortsak kan ophang, ‘n sementvloer, en dit is dit. Jy kan dit nie waag om jou “sit” te sit op die puttoilet nie, want of jou gatvelle gaan agter bly, of jy gaan deur een of ander obskure gogga gebyt word.
Bosobogolo kamp in Mabuasehube
Positiewe ervaring vir die dag:
Ons was in Mabuasehube, weg van die stad se gejaag, en kon die natuur in stilte ervaar en waardeer.
Bosobogolo Pan met sonsondergang
Negatiewe ervaring vir die dag:
Dit was droog en warm, en die wind het ongenadiglik gewaai. Die A-raam bied skuiling teen die son, maar bak jou behoorlik ‘n paar grade warmer as wat dit werklik is.
Wat sou ons anders gedoen het:
Niks, ons was in ons element.
DAG 3 (17 DESEMBER 2010)
Vandag het ons in die omgewing van Bosobogola Pan deurgebring. Ons het vir ‘n rit om die pan gegaan en verder ons tyd in die kamp verwyl.
Laat middag het ons ‘n bruin hiena gewaar wat teen ‘n redelike spoed die pan oorgesteek het. Ons het gery om hom te probeer voorkeer en van nader te sien maar hy was te vinnig vir ons. Net voor sononder gewaar ons hom weer oppad terug in die rigting vanwaar hy gekom het. Ons het laataand ook ‘n leeu brul gehoor, maar dit was redelik ver. Dae in Mabuasehube is geweldig lank in die somer. Die son kom net na 5uur in die oggende op en gaan eers na 8uur saans onder.
DAG 4 (18 DESEMBER 2010)
Vandag het ons kamp verskuif na kampplek no 2 by Mpayathutlwa Pan. ‘n Afstand van 25km wat ons stadig en rustig gery het en ons net meer as ‘n uur geneem het. Ons sou net vir een aand by staanplek no 2 kamp en dan verskuif na staanplek no 1.
Pad toestand:
Klipperig in die omgewing van Bosobogolo Pan en weer net voor Mpayathutlwa Pan. Verder redelik los sand.
Akkomodasie:
Kampplek no 2 het net ‘n A-raam vir koelte, ‘n storthokkie sonder enige water en ‘n baie lekker groot koelteboom. Verder niks.
Mpayathutlwa Kampplek 2
Mpayathutlwa Kampplek 2
DAG 4 (18 DESEMBER 2010)
Positiewe ervaring vir die dag:
Ons het voorheen by Mpayathutlwa gekamp en dit was lekker om weer hier af te saal.
Ons het weer by die watergat gaan loer voor die son sak en het soos die vorige keer ‘n hele klomp aasvoëls daar gekry.
Aasvoel by Mpayathutlwa Pan
Negatiewe ervaring vir die dag:
Kan regtig nie dink aan enige negatiewe ervarings nie.
Wat sou ons anders gedoen het:
Niks kan verbeter op dit wat ons ervaar nie.
DAG 5 (19 DESEMBER 2010)
Vandag moes ons weer van kampplek verskuif. Gelukkig nie baie ver nie, net tot by kampplek no 1 steeds by die Mpayathutlwa Pan. Dit is ongeveer 1 kilometer verder.
Net voor ons vertrek vanaf kampplek no 1 sit ons rustig met koffie en beskuit vir ontbyt. Terwyl ons so sit merk ons iets wat in die pan beweeg en ‘n bol stof opskop. By nadere ondersoek (met ‘n verkyker) blyk dit toe ‘n leeu wyfie te wees wat ‘n springbok platgetrek het. Ons was nog besig om hulle met die verkykers te bekyk toe ek ‘n voertuig in die pad agter ons kamp verby hoor. Ek wink hulle nader. Dit was Dr Thomas Sieglitz en sy vriendin Dr Severine Thomas van Australia. Het hulle vroeër ook daar verby gery en ons het gewonder wie dit was. Hulle kyk vir ‘n rukkie saam met ons na die leeu. Daar blyk toe twee leeus te wees. Die een wyfie het plat gelê en ons het haar nie dadelik opgemerk nie. Eers toe sy opstaan en in die rigting van die bosse aan die kant van die pan stap sien ons haar. Die ander wyfie het toe die karkas begin aansleep bosse se kant toe. Ons het hulle dopgehou totdat hulle in die bos verdwyn het, en toe begin oppak nadat ons Australiese vriende vertrek het. Die leeus was ongelukkig bietjie te ver vir ‘n goeie foto.
Leeuwyfie met bouwildebees op Matyatutlwa Pan
Later die dag kry ons besoek van Thomas en Severine by kampplek no 1. Hulle vertel ons toe dat hulle by kampplek no 2 gestaan het en dat ‘n mens die leeus kan sien as jy voor die A-raam stilhou en bo-op die voertuig se dak klim. Ons ry toe soontoe, klim op die dak en kyk in die rigting wat hulle beduie het. Die leeus was steeds ver, maar ons kon hulle sien waar hulle onder ‘n boom lê en aan die karkas vreet. Ons kon toe ook vir die eerste keer sien dan daar welpies was. Kon egter nie sien hoeveel nie. Nadat ons hulle vir ‘n rukkie dopgehou het is ons terug kamp toe.
Leeus met welpies en vangs (blouwildebees) onder ‘n boom by Mpayatultwa Pan
Later die middag het ons weer ‘n draai by die watergat gemaak waar ons verras was met die teenwoordigheid van ‘n jong Bateleur.
Bateleur by Mpayatutlwa Pan se watergat
Akkomodasie:
Hier was die akkomodasie baie luuks. Die gewone A-raam, ‘n stort met lopende water en ‘n put-toilet in ‘n toilet geboutjie met ‘n dak op.
Positiewe ervaring vir die dag:
Die leeus van Mabuasehube. Ons het nie baie geluk met die sien van roofdiere nie. Gevolglik was hierdie vir ons ‘n uitsonderlike ervaring.
Negatiewe ervaring vir die dag:
Daar was geen water by die kamp nie. Ons het gehoop om die watertenks hier weer op te vul want ons het geweet by die volgende kamp (Khiding Pan) is daar geen water nie. Maar met sorgvuldige beplanning en spaarsamige gebruik behoort ons genoeg te hê.
DAG 6 (20 DESEMBER 2010)
Ons was vroeg oggend wakker. Ons wou watergat toe om te kyk of die leeus nie dalk gaan water drink na die vorige middag en nag se feesmaal aan die karkas nie.
Terwyl ons ry sit Gerida met die video kamera en neem sommer die omgewing af terwyl sy haar vertelling van die vorige dag se ervaring opneem. Die volgende oomblik klap sy my dat ek stik en sy gil. Op die skerm van die video kamera sit daar ‘n leeuwelpie lewensgroot. Ek stop en stoot terug. ‘n Paar meter van die pad, en minder as 600meter van ons kampplek, lê die leeus van gister met hul welpies. Daar was 2 wyfies, 4 welpies en ‘n mannetjie. Het ‘n nuuskierige welpie nie sy kop gelig toe ons verbygekom het nie sou ons die leeus glad nie gesien het nie. Ons hou hulle vir ‘n hele ruk dop en besluit toe om hulle met rus te laat en aan te beweeg.
Mapayatutlwa se leeus langs die pad ongeveer 500m van ons kamp
Skaars het ons begin ry of ek merk ‘n leeu wyfie wat padlangs uit die watergat se rigting aangestap kom. Ek trek van die pad af en ons wag totdat sy bykans teen die voertuig verbystap met haar drie welpies, en haar by die res van die leeus gaan aansluit.
Leeuwyfie met drie welpies oppad vanaf die watergat na die res van die trop
Ons draai toe terug en hou die leeus vir nog ‘n lang ruk dop. Kry toe ook ‘n mooi foto van die mannetjie. Dus een mannetjie, drie wyfies en sewe welpies.
Mapayatutlwa se Leeumannetjie
Ons besluit toe om hulle met rus te laat en ry om die pan terug tot by ons kampplek waar ons die res van die dag rustig deurbring. ‘n Mens kan nie anders as om jou “rustig te gedra” in Mabua nie – die temperature is ongelooflik warm. Laatmiddag besluit ons om te gaan kyk of die leeus nog daar is en of hulle nie gaan water drink het nie.
Skaars uit die kamp of ons kry hulle op bykans presies dieselfde plek maar die keer in die pad waar hulle ‘n lekker middagslapie vat.
Leeus slaap in die pad naby Mabuasehube Kampplek 1
Leeus slaap in die pad naby Mabuasehube Kampplek 1
Nadat ons hulle vir lank gesit en dophou het draai ons om terug kamp toe. Terug by die kamp gesels ons oor die dag se ervarings en noem ek aan Gerida dat ek nie verbaas sal wees indien die leeus ons kamp deur die loop van die nag sal kom besoek nie. Voor ons gaan slaap maak ons seker dat alles weggepak en in die sleepwa of die Land Rover toegemaak is. Toe gaan kruip ons in met leeus in ons drome.
Positiewe ervaring vir die dag:
Leeus, leeus en nogmaals leeus.
DAG 7 (21 DESEMBER 2010)
Kort na 1uur die nag skrik ons wakker van leeus wat brul. Die geluid kom duidelik van die leeus in die pad af. So hulle is nog daar. In die verte aan die anderkant van die pan antwoord ‘n ander leeu. Gerida skakel die video kamera aan om die klank op te neem. Na ‘n rukkie raak dit stil en ek en Gerida gaan loop ‘n draai buite voordat ons weer inkruip om verder te slaap. Ek het skaars begin wegraak toe Gerida my wakker maak met ‘n “Vlooi die kleintjies is in die kamp, hulle is by die braaiplek”. En sowaar, die welpies hardloop die hele kamp vol en een is besig om aan die tent toue te pluk. Daar was geen teken van die wyfies en die mannetjie nie, en ons was onder die indruk hulle lê dalk nog in die pad en slaap. Van bo uit die daktent probeer Gerida die welpie van die tent toue af wegkry deur hom met water te gooi en met haar hand teen die tent te klap sonder enige resultaat. Sy was nog besig hiermee toe een van die wyfies uit die A-raam te voorskyn kom en teen die tent verbystap en by die Land Rover gaan lê. Die welpies sak haar dadelik toe en begin drink. Ons lê nog en luister na die geluide wat hulle maak toe die mannetjie weer luidkeels van hom laat hoor, die slag reg agter ons tent. Dit was nogal iets om te ervaar. Daarna het dit stil geraak in die kamp, die welpies het nog vir ‘n tyd die vuurmaakhout rondgesleep en toe ook rustiger geraak. Ons het weer aan die slaap geraak wetende dat niks ons sal kom lastig val met al die leeus om ons nie.
Ons word vroegoggend wakker toe Thomas en Severine buite stilhou en so vanuit die Land Rover roep om te hoor of alles reg is, en met die nuus: “there are lions ALL over your camp”. Hulle het gedurende die nag die gebrul by ons kamp gehoor. Baie versigtig het ons ons verskyning gemaak. Die leeus het hulself tuis gemaak onder ‘n bos reg voor die Land Rover en het geen intensie gehad om te verskuif nie.
Leeu welpies on die grenslyn van die kamp
Leeu wyfies net buite die kamp

Ons moes kamp opslaan want ons verskuif vandag na Khiding Pan, staanplek no 2. Terwyl ons ‘n wakende oog oor die leeus gehou het, het ons kamp opgeslaan en gereed gemaak om te ry. Behalwe vir die welpies wat kort kort om die bos kom loer het wat ons maak, het die leeus hulle min aan ons gesteur.
Leeu mannetjie net buite ons kamp
Leeu welpie kom groet toe ons ry
Klaar opgepak het ons om die bos gery om vir oulaas na die leeus te kyk en toe pad gevat Khiding toe.
By Khiding het ons ‘n troppie elande (ongeveer 10) in die pan aangetref. Hulle was egter bietjie te ver vir ‘n goeie foto.
Later die middag het ons gesien hoe ‘n donderstorm in die verte verbytrek.
DAG 7 (21 DESEMBER 2010)
Kort na 1uur die nag skrik ons wakker van leeus wat brul. Die geluid kom duidelik van die leeus in die pad af. So hulle is nog daar. In die verte aan die anderkant van die pan antwoord ‘n ander leeu. Gerida skakel die video kamera aan om die klank op te neem. Na ‘n rukkie raak dit stil en ek en Gerida gaan loop ‘n draai buite voordat ons weer inkruip om verder te slaap. Ek het skaars begin wegraak toe Gerida my wakker maak met ‘n “Vlooi die kleintjies is in die kamp, hulle is by die braaiplek”. En sowaar, die welpies hardloop die hele kamp vol en een is besig om aan die tent toue te pluk. Daar was geen teken van die wyfies en die mannetjie nie, en ons was onder die indruk hulle lê dalk nog in die pad en slaap. Van bo uit die daktent probeer Gerida die welpie van die tent toue af wegkry deur hom met water te gooi en met haar hand teen die tent te klap sonder enige resultaat. Sy was nog besig hiermee toe een van die wyfies uit die A-raam te voorskyn kom en teen die tent verbystap en by die Land Rover gaan lê. Die welpies sak haar dadelik toe en begin drink. Ons lê nog en luister na die geluide wat hulle maak toe die mannetjie weer luidkeels van hom laat hoor, die slag reg agter ons tent. Dit was nogal iets om te ervaar. Daarna het dit stil geraak in die kamp, die welpies het nog vir ‘n tyd die vuurmaakhout rondgesleep en toe ook rustiger geraak. Ons het weer aan die slaap geraak wetende dat niks ons sal kom lastig val met al die leeus om ons nie.
Ons word vroegoggend wakker toe Thomas en Severine buite stilhou en so vanuit die Land Rover roep om te hoor of alles reg is, en met die nuus: “there are lions ALL over your camp”. Hulle het gedurende die nag die gebrul by ons kamp gehoor. Baie versigtig het ons ons verskyning gemaak. Die leeus het hulself tuis gemaak onder ‘n bos reg voor die Land Rover en het geen intensie gehad om te verskuif nie.
Ons moes kamp opslaan want ons verskuif vandag na Khiding Pan, staanplek no 2. Terwyl ons ‘n wakende oog oor die leeus gehou het, het ons kamp opgeslaan en gereed gemaak om te ry. Behalwe vir die welpies wat kort kort om die bos kom loer het wat ons maak, het die leeus hulle min aan ons gesteur.
Kalahari donderstorm by Khiding Pan
Afstand afgelê en tyd:
Khiding is 11 km van Mpayathutlwa af en het ons ongeveer ‘n halfuur geneem om daar te kom.
Pad toestand:
Meestal diep sand en plek plek klip.
Akkomodasie:
Soortgelyk aan die geriewe by Bosobogola Pan. ‘n A-raam en ‘n put toilet en storthokkie sonder water.
Khiding Pan se kampplek
Positiewe ervaring vir die dag:
Om kamp op te slaan terwyl ‘n trop leeus jou lê en dophou was ‘n nuwe ervaring vir ons.
Negatiewe ervaring vir die dag:
Om die leeus by Mpayathutlwa agter te laat.
DAG 8 (22 DESEMBER 2010)
Ons het die dag uitgery na Malatso Pan waar die eko-roete na Nosob begin en terug.
Afstand afgelê en tyd:
42km heen en weer van Khiding tot by Malatso en terug. By Malatso Pan het ons ‘n troppie Blou Wildebeeste met n paar kalfies raakgeloop. Daar was ook Springbokke en Gemsbokke en 2 Volstruise.
Pad toestand:
Sand en plek plek erg sinkplaat gery.
DAG 9 (23 DESEMBER 2010)
Weer tyd om kamp te verskuif. Die keer na Mabuasehube Pan kamplek no 1. Dit is dieselfde kampplek waar ons tydens ons besoek in Junie 2010 gestaan het.
By Mabuasehube Pan was dit baie droog en daar was min diere te sien. Kampplek no 2, 3 en 4 was veronderstel om water te hê maar daar was niks. Benewens die boorgat wat opgedroog het, was die pomp ook stukkend. Soos in die verlede het ons hier van die mooiste sonsondergange beleef wat die Kalahari kan bied.
Sonsondergang oor Mabuasehube Pan
Afstand afgelê en tyd:
Mabuasehube kampplek no 1 is 11km van Khiding Pan af. ‘n Rustige 45 minute se ry.
Pad toestand:
Sand en plek plek sinkplaat gery, veral die laaste ongeveer 4 tot 5 kilometer vanaf die waterpomp.
Akkomodasie:
By die kampplek is daar absoluut geen geriewe nie. Dit is slegs ‘n kaal area met enkele klein boompies wat bitter min koelte bied. Die uitsig oor die pan vergoed egter dubbel en dwars hiervoor.
Positiewe ervaring vir die dag:
Die ongelooflike sonsondergang.
Negatiewe ervaring vir die dag:
Die hitte en die warm droeë wind.
DAG 10 (24 DESEMBER 2010)
Dit was ongelooflik warm. 40 Grade in die koelte en 52 Grade in die son. Voeg daarby die warm wind wat sand opgewaai het wat dit amper ondraaglik gemaak het.
Om die tyd om te kry en van die ergste hitte te ontsnap het ons ‘n sirkel roete gery van Mabua Pan via Mokgalo Pan, Mogobewatlhangwe Pan en twee ander onbekende panne wat ons tot by Malatso Pan geneem het en daarvandaan terug via Khiding tot by Mabuasehube Pan. Die roete vanaf Mabuasehube na Kaa begin by die Mogobewatlhangwe Pan.
Afstand afgelê en tyd:
Die sirkel roete was net oor die 60km lank. Ek het nie aangeteken hoe lank dit geneem het nie omdat ons heelwat langs die roete gestop het.
Pad toestand:
Sand en plek plek klip. Sekere dele van die roete word min gery en daar is takke naby die pad wat voertuie kan krap.
DAG 11 (25 DESEMBER 2010)
Weer tyd om te trek. Die keer na Lesholoago Pan, staanplek no 2.
By Lesholoago aangekom vind ons ander kampeerders daar. ‘n Man en vrou van Switserland wat volgens hul vertelling al vir 17 jaar elke jaar Mabuasehube toe kom. Hulle het nie ‘n bespreking vir Lesholoago gehad nie en het ingestem om na ‘n ander kamppeerplek te verskuif. Hulle het nie tent opgeslaan nie en het redelik vinnig ‘n paar items wat hulle uitgepak het opgelaai en vertrek nadat ons name en e-pos adresse uitgeruil het sodat ons in die toekoms kontak kon maak.
Met ons aankoms was daar nog ‘n klein bietjie water in die krane. Welliswaar ‘n dun straaltjie maar daar was darem iets. Die tenk in ons sleepwa was teen die tyd leeg en die water in die Land Rover het aan die min kant begin raak. Maar die water in die krane kon gebruik word vir skottelgoed was en stort so ons kon op die ander water spaar.
Nadat ons klaar kamp opgeslaan het, en ek die stortsakke wou volmaak sodat dit solank warm kon word vind ek die water in die krane het opgedroog. Die pyplyn na die kamp voed ook die drinkgat en soos wat die diere drink is die laaste bietjie water uit die tenk gebruik. Toe ek die stortsak uit die tenk in die Land Rover volmaak tap ek die laaste bietjie water uit die tenk. Ons water was op.
Eerste plan van aksie was toe om na die boorgat toe te ry en te kyk of ons die pomp aan die gang kon kry. Die pomp het wel diesel in die tenk gehad maar ek kon hom vir niks in die lewe aan die gang kry nie. Ons besluit toe om te gaan kyk of daar by Monamodi Pan water is, 18km verder. Monamodi se krane was ook droog. Daarvandaan toe na die kampeerplek by Mabuasehube se ingangshek, 8 km verder, om te kyk of daar dalk water is. Ook hier was geen water beskikbaar nie. Die hek en kantore was gesluit (dit was Kersdag) en ons is toe maar terug kamp toe om te gaan bosberaad hou.
Ons het nog ongeveer 20 liter water in botteltjies oorgehad. Nie genoeg om ons nog vir 5 dae te hou nie, en ons het nie geweet wanneer die personeel weer op diens gaan wees en of daar water gaan wees nie. Ons besluit toe om van die bottel water te gebruik vir skottelgoed en stort en dan die volgende oggend maar op te pak en terug te ry huistoe. Bietjie terleurstellend maar aan die ander kant het ons reeds die beste gesien en ervaar wat Mabuasehube kan bied.
Met die gesoek na water het ons toe nooit die beplande kersfees ete voorberei nie en ons Kersdag op ‘n redelike lae noot afgesluit.
Afstand afgelê en tyd:
Dit is 10km vanaf Mabuasehube kampplek no 1 tot by Lesholoago kampplek no 2. Dit het ons ongeveer 40 minute geneem.
Pad toestand:
Redelike dik los sand.
Akkomodasie:
By die staanplek was daar die gebruiklike A-raam, ‘n put toilet en ‘n stort met “water”. Daar was ook ‘n mooi groot koelteboom wat heelwat skaduwee verskaf het.
Lesholoago kampplek no 2
Hierdie is ook die staanplek die naaste aan ‘n watergat en waarvandaan jy vanaf jou kampstoel die watergat kan dophou. Naas Mpayatlutwa is hierdie ons gunsteling pan.
Lesholoago Watergat
Negatiewe ervaring vir die dag:
Ons water was aan die opdroog en ons moes noodgedwonge die besluit maak om die volgende dag huiswaarts te keer.
Wat sou ons anders gedoen het:
In retrospek moes ons meer water saamgevat het, maar aan die ander kant het ons nie voorsien dat die boorgate almal droog sou wees nie. Het enkele van die boorgate water gehad, sou ons genoeg water gehad het om tot die 30ste in Mabuasehube te bly.
DAG 12 (26 DESEMBER 2010)
Ons het vroeg wakker geword van die geraas van tarentale wat op die A-Raam se dak geslaap het en opgestaan en begin gereed maak om kamp op te slaan en die lang pad terug huis-toe aan te durf.
Dagbreek by Lesholoago
Ons was bykans klaar gepak toe daar ‘n Park Amptenaar aankom met die nuus dat hy gaan probeer om die pomp aan die gang te kry. Hy kon egter nie waarborg dat hy suksesvol sal wees en dat die boorgat nog water het nie. Na sy vertrek hou ons gou kajuitraad gehou en besluit ons gaan nie die kans vat en wag nie. Ons was reeds geestelik daarop ingestel om huistoe te gaan, so ons pak klaar en ry.
Klaar gepak vat ons toe die pad terug huistoe. Toe ons die teerpad later die dag bereik en weer selfoon ontvangs het laat weet ons almal tuis ons is oppad.
Afstand afgelê en tyd:
Vanaf Leholoago Kampplek no 2 tot by die huis in Pretoria, 777km.
Negatiewe ervaring vir die dag:
Ons moes noodgedwonge ons vakansie met 4 nagte inkort as gevolg van ‘n tekort aan water.
SAL ONS DIT WEER DOEN?
BESLIS ja! Ons sal eendag weer terugkeer na Mabuasehube. Maar vir nou is daar eers ‘n paar ander plekke op die kaart wat ons wil gaan besoek.
Ons volgende vakansie is die Mountain Zebra National Park, Addo Olifantpark en Baviaanskloof.
Vir daarna begin ons reeds dink aan Zimbabwe en dan wil ons nog in Namibia ook gaan toer.
WAT MOET VERANDER WORD VOORDAT ONS WEER GAAN KAMP?
Daar is bitter min aan ons kamptoerusting en voertuig wat verander moet word. Ons is baie tevrede met wat ons het.
Ek wil voor ons volgende rit vir die Land Rover behoorlike ryligte aansit. Die 2 kersliggies wat hy tans het werk nie so goed in die donker en veral slegte weer nie.
Die sonpaneel wat ek by Renzo gekoop het werk uitstekend. Ek wil net ‘n verandering maak sodat ek dit op die Land Rover of op die sleepwa kan gebruik.
Recent Comments