Mana Pools

 

2 Januarie 2016

Môre uit ‘n baie BAIE warm Mana Pools (Zimbabwe

Toe ons Donderdagoggend opstaan het Pieter se been BAIE beter gelyk. Die man het sommer ‘n huppel in sy stappie gehad en hy het vol sinne met my gepraat … ek moes tevrede wees met “grunts” die laaste paar dae.

Na ontbyt is ons Lusaka toe. Die plan was om ons pad huistoe aan te pak – ons sou by Kariba oorslaap, maar Mana Pools ‘n mis gee – so ook Antelope park. Ons wou by die huis kom en so gou moontlik aandag aan Pieter se been gee.

In Lusaka is daar ook ‘n St Johns (waarheen die Dr in Chipata ons verwys het). By die St Johns het ‘n suster na Pieter se wond gekyk en die Dr het geseg daar is major vordering en hy voel die man is ‘n balhaar breedte ver van gesond word. Genoeg aansporing vir Pieter om vir my te vra of ons nie maar mag deurdruk Mana toe nie. Ek het nie oorreding nodig gehad nie … ek WOU Mana bitter graag sien.

Pieter het op my foon ‘n sms vir die familie gestuur om hulle van ons planne in te lig, en natuurlik ook hulle blessing te kry dat hulle hom vertrou dat hy die regte besluit maak.

Ons het water by “The Great Mall” se Pick en Pay in Lusaka gaan koop asook brood en tamaties (ja, weereens tamaties). Ek wil sover gaan om te seg dat daar meer Malls in Lusaka is as wat daar in Pretoria is. En Lusaka het ‘n Burger King … verbeel jou dit. EN, Lusaka maak hulle eie “Freaky Fries” wat soos in Simba chips is – net BAIE lekkerder.

Ons moes ons planne effe verander, want ons sou aanvanklik by Kariba oor die grens gaan en dan daar oorlsaap sodat ons die volgende dag terug op die pad Mana toe kon gaan. As ons Kariba ‘n mis gee en deur die Chirundu grenspos gaan, sou ons baie tyd spaar en direk Mana toe kon ry.

Dit het soos ‘n goeie plan geklink … en op papier was dit bulletproof. Maar reality en grensposte neuk als altyd op.

Die pad uit Lusaka Chirundu toe is prentjie mooi. Dis pas op en pas af … bitter mooi landskap.

En dan uit die niet verskyn Chirundu grenspos … Dis soos Twee Riveren in die Kgalagadi. Zim en Zam se kantore is als in een gebou. ‘n BAIE impressive gebou waar als vlot verloop. Toe ons uitteken aan Zam se kant en ons al ons voertuig pampiere (‘n first vir ons) moes teruggee aan die Zam kant, toe wil ons amper dink die dag kan nie beter nie …

Toe kom die Zim kant … en als verloop “OK” tot ons by die “Temporary Import Permit” afdeling kom, en hulle ons vra waar is ons “police vehicle clearance”. Wat ons nie het nie … afgesaagde storie.

Twee ure later … met baie harde woorde (en selfs ‘n amptenaar wat drie sekuriteits wagte roep om my in toom te hou) is ons oppad. By Chirundu verstaan die grenspos amptenare nie “3rd party insurance” nie. Selfs nie toe ek verduidelik dis die “insurance” vir in case ons een van hulle per ongeluk trap met die Landy nie. Hulle verstaan net “people insurance”.  Toe ons loop, toe seg die amptenaar vir my “thanks for leaving, and please don’t come back”.

Terug by die Landy ruk ek en Pieter net yskaste oop. Ons tonge sit aan ons verhemeltes vas. Dis blerrie warm … so tussendeur comment ons oor die arme drommel van ‘n sekuriteitswag wat ‘n verbete (maar magtelose) stryd teen die bobbejane voer wat sommer so bors pronkerig oor en deur die grenspos beweeg.

Net buite Chirundu kry ons twee olifante. Nee, regtig, ek jok nie. Dis amper so surrealisties soos daai destydse fibre glass kwagga wat by die vulstasies gestaan nie. Hier, oop en bloot is die olifante besig om te kou aan die bome … en net so neffens hulle pomp hulle petrol in die trokke.

Dit was nog ‘n entjie Mana toe, maar die scenery is beeldskoon. Tropies mooi. En daar is min padblokkades … genadiglik.

Toe ons by Mana se afdraai stop, toe kom ‘n park amptenaar aangehuppel met haar uniform, hoed en pantoffels (*sigh*) … sy was besig om wasgoed te was. Vra waar is ons permit? Pieter duik in sy blou legger in, maar neeeeeeee, sy soek nie confirmation e-mails van die bookings nie, sy soek die PERMIT.

So 6km van die afdraai af is die park kantore … DAAR kry jy jou permit. Kan hierdie dag nog meer uitgerek word. Maar sy was reg, presies 6km toe kry ons die kantore. Vul die verdomde papiertjie in, en draai terug. Toe sy ons weer sien, toe hou ek die papiertjie soos ‘n oorwinningsvlag bokant my kop. Sy het my die breedste smile ooit gegee.

Ons was nog nooit in Mana nie – so ook nie die girl by die hek nie, want toe Pieter vra of staanplek 3 by Mana nice is, toe seg sy … “ai, I have never been there”. Case closed.

Maar ons was happy. Dit was die 31ste Desember, en ons sou vanaand sonder vuurwerke, annoying musiek en “happy happy new year” sms’e die nuwe jaar ingaan.

Die eerste gedeelte grondpad Mana toe is sinkplaat. Ordentlik sinkplaat, maar nie Kgalagadi sinkplaat nie. Jy klou en mor en grom elke nou en dan, maar dan beur jy voort en kners op jou tande.

By die tweede “boom gate” toe wag nog ‘n amptenaar ons in. NOG ‘n papiertjie moet ingevul word (jy vul net so duskant jou bloedgroep in papiere in Zim in … en as jy gelukkig is, dan pee jy in ‘n koppie vir latere ondersoek). Maar ons was nader aan Mana … baie nader, want ons het op die pad olifante gesien.

Waar jy afdraai by die tweede “boom gate” is die pad baie meer gangbaar. Ons was oppad Nyemepi kamp toe – die hoofkamp. Amper dieselfde konsep as in die Hwange met Main Camp en Robins.

Ons kon sien daar het onlangs reën geval, want water het op plekke gelê. Maar behalwe vir die “odd” vlakvark en eekhoring, was die pad redelik sonder hindernisse …

En toe ry ons Mana in. Presies kwart oor 6 die aand. As ek nou ‘n temperatuur meter was, sou ek op daai stip gesing het “arriving at peak hot hour”. Mana is warm. Nee, korreksie, Mana is baie warm. Nee, wag, dis OOK nie waar nie – Mana is f*kken warm. Pardon the French, maar as jy nog nie in Mana was nie, sal jy nou nie weet dat die f*kken ‘n understatement is nie. In al die tyd wat ons in die Kgalagadi gekamp het, is Mana se hitte dubbel en dwars ERGER. Seriously, I kid you not.

Ons het op staanplek 3 kamp opgeslaan en die Zambesi voor ons bekyk. Dit was prentjie mooi. Dit was beeldskoon mooi. En dit was stil. En warm … En dit was net ons en die arme man met sy flimsy seil tent en 3 opgeskote kjinnertjies so ‘n ent van ons af.

Ons het ge-eet en in die bed geklim. Ons het probeer slaap … Maar hitte laat hom nie voorskryf nie, veral nie in Mana nie. Hy “poke” jou so in die sy en lag … “ja ja ja, probeer maar slaap”.

En hey … as jy hier lees, voorspoedige 2016 vir jou en jou aanhangsels. Mag dit net so rustig wees soos wat ek tans hier het … met die “cool towel” teen my keel gedruk en my hande in gebed smekend vir reën

Mooi loop.

Olifant reg voor ons kamp by Mana Pools

Share This

Share This

Share this post with your friends!