Zimbabwe Ruins

13 December 2015

Die nuwe waaier – “state of the art” ding, waai die wind van die een kant van die kamer tot die ander.

Dis hel warm buite. Die humiditeit is hoog. Ons dink in tru-rat en suip water asof die droogte enige dag op ons kan toesak. Ons was ‘n jaar terug in Afrika in gewees – ons kan weer as “groentjies” geklassifiseer word.

Ek skuif die rekenaar op my leopard vel pajamabroek reg. Ek is lus vir tik. Ek hou my vingers al in toom sedert gister wat ons uit Pretoria is.

Ons het vergeet … Afrika het sy eie ritme … sy eie tempo waarteen hy sy siel vir die wêreld wys. En ons probeer vergeefs in sy ritme inkom.

Ons is gister (12 Desember 2015) uit Pretoria uit. Nostalgiese kersontbyt saam met familie gehad. Persoonlike presente gekry. Hartspresente. Dis nooit lekker om te ry en almal by die huis te los nie. Elke jaar sit en beplan ons hoe ons eendag …. eeeeeeendag vir hulle ook Afrika kan wys.

Toe ons die draai vat N1 toe, toe vra ek vir Pieter of die Landy “gelaai” is. Sy gat voel vir my effe “los”. “Jip, ons is top heavy”. Ek sit en dink aan die avontuur wat voorlê – die eerste keer wat ons vir ‘n volle nag op die daktent sal slaap. Hoe gaan die “stop en ry” storie werk. Dis ons eerste vakansie sonder “Donkey”, ons kampwa. Ek mis dit om in die truspieël te kyk of hy agterna gehop kom.

Ek draai myself reg op die bed en verskuif die kussing. Ek – “ons” is nie gewoond aan “engel wit” lakens en ‘n duvet nie. Jip, ek tik in luukse … absolute luukse. As ek by my venster uitkyk sien ek ‘n ou kronkel boom met die mooiste takke … hordes van die goed. Groen gras en voëls. Moerse groot miere en balbyter goggas. Ons is in Zim – meer spesifiek, ons is in die “Great Zim Hotel”. Dis ‘n “far cry” van die kamp area by die Zim Ruines – net so neffe ons.

Ons oorstaan gisteraand was by Matopi gastehuis in Musina. Oppad was die verkeer nag. Twee dodelike ongelukke en hordes – HORDES – gebreekte karre en toeka se dae Venter slaapwaentjies. Dis net kersgeskenke, Omo, koekies en seep waar jy kyk.

Die tannie by Matopi kom dadelik uit toe Pieter die klokkie druk. Mens kan sien sy het haar opgetof. Het tot ‘n pienk toppie by die mooi jean aan. “Middag, is u Meneer Booysens”? Ek kan sien hoe ruk my man sy rug in ‘n spasme in. Hy is sensitief oor die “Booysens versus BOOYENS”. “Skies man, ek raak deurmekaar met die Booysense” seg die tannie en maak die hekkie oop. Ek staan en bene rek by die Landy en seg dis “OK”, ek sal die Landy oppas terwyl Pieter papiere gaan teken. Sy wys vir ons waar ons met die Landy kan omry tot by ons kamer.

Die 18grade aircon was ‘n groter kersgeskenk as ‘n onverwagse Lotto kaartjie in ons kamer. Ons was op soos ou brood. Die pienk toppie tannie wys dadelik waar is die “remote” van die TV en hoe ons seblief tog moet onthou van die kospakkies wat sy vir ons gemaak het vir môre oggend. “Julle gaan mos vroeg ry nê?” Hmmmm – ons gaan. Drie uur om presies te wees. Beitbrug grenspos vat jy nie aan sonder handskoene, Valiums en BAIE gebede nie.

Ons bestel pizzas en die enigste bromponie liksens man in Musina vat ‘n volle uur om twee “ very standard” pizzas af te laai. Toe hy die klokkie van ons kamer druk, toe kon jy sien hy is so verdwaal soos onse eie regering … “Meneer, hier is jou pizza, maar seg my, HOE kom ek weer terug innie dorp?”

Die pizzas was nie “half bad” nie, maar ons het halfpad deur die eet aan die slaap geraak. Die hitte buite was soos ‘n stadige “torture” wat jou murg laat kook.

Ek ontdek ‘n “Crossing Beitbrug” Facebook bladsy en lees almal se kommentare. Die eienaar van die bladsy lewer ‘n uitstekende diens en “update” die blad elke drie ure. Ek begin vir hom vrae vra met die hoop op meer duidelik of ons plan om 3uur deur Beitbrug te gaan te ambisieus is. “Solomon” kom na my toe terug en seg “daar is NOOIT ‘n goeie tyd vir Beitbrug nie, dis ALTYD besig”.

Half drie skreeu my foon ons wakker – die hare staan regop op my arms. Ek onthou Plumtree grenspos verlede jaar waar ons vir 4 ure in gietende reën gestaan het om oor te kruis van Botswana na Zimbabwe. Ons was die enigste blankes in ‘n helse lang tou. Ek het nog nooit so koud gekry nie. Ek het nie kans gesien vir NOG so ‘n ervaring nie.

Dit het deur die nag liggies in Musina gereën – en toe ons die pad Beitbrug toe vat kon jy sien dis nog nie klaar gereën nie. ‘n Padblokkade net voor die grens keer ons voor en ek vra dadelik of Beitbrug besig is. Die “poliesman” trek sy kop op ‘n plooi, hak sy arms by Pieter se kant se venster in en seg vir my “mevrou, vandag gat jy nie daardeur kom nie …” Hy klik sy tong soos net ‘n poliesman kan en wring sy hande soos ‘n Mafia baas ineeen. Liewe Vader in die hemel … help ons. VANDAG gaan jy staan tot jou bene afval Gerida!

Hy hak sy arms uit die venster uit, kyk my aan en begin lag. Hy kon die doodsangs op my gesig sien. “Neeee mevrou, dis nog vroeg, issie soooo besig nie”. Ek. Kon. Hom. Soen.

Vandat ons laas in 2011 deur Beitbrug is, het die plek in ‘n amperes dorp verander. Indrukwekkend groot. Maar die chaos bly nog indrukwekkend skokkend chaoties.

Net voor die grens word ons uit die ry gehaal en aangeseg om die Landy se neus “this way” te draai en die pad te volg tot waar hy draai – “then you turn right”. Die man moes gesien het ons is verdwaal, want oppad na die ‘turn right” kom hy met ‘n spoed in sy plat polisiekar by ons verby en op sy luidspreker blaker hy dit uit “keep straight en turn right”. Ons het soos verskrikte vlakhase in mekaar se oë gekyk en gewonder wat die dag NOG sou opdis.

Die SARS man aan die SA kant regeer en reguleer die verkeer met ‘n ysterhand. Vir so iemand betaal ek lag lag my belasting. Hy vat geen akkies van geen kabouter af nie. As jy uit jou kar klim om te hol om solank in die ry te gaan staan, “help” hy jou vriendelik met ‘n brul stem tot reg in jou “seat” en belowe sommer ook om jou ma, pa en kinders keel aft e sny as jy WEER jou pote uit die kar sit.

Met die Landy geparkeer en al ons dokumente in hand klim ons uit … tot by “Suzy” van die polisie. Netjiese vrou, maar jy kan sommer sien sy soek haar pond. Ek vra vir haar of sy seblief na die Landy sal kyk – my hele huis en my rykdom is op en in die kar. “No problem darling, I will help you”. Ek voel die yskoue hand van Satan op my skouer en ek hoor hom seg “Sucker”.

Dit vat ons 15min om ons paspoorte gestempel te kry asook ‘n “gate pass”. Ek voel hoe die stress my derms verlaat en ek laat myself toe om vir 5min te voel dat Beitbrug dalk NET vandag ons genadig gaan wees.

Suzy wag vir ons by die Landy. Seg vir my sy “sien” ek ruik so lekker. Huh? NIE my Elie Saab nie! Die donder weet alleen, GEEN land in Afrika is my Elie Saab parfuum omkoopgeld werd nie. Ek offer vir haar ‘n pikante “orange” Sorbet handroompie aan … ek kleur vir haar in hoe ongelooflik sag die goed ‘n mens se hande maak en hoe dit help om darem net so effe vroulik te voel tussen al hierdie Afrika manne. Sy val boots en all vir dit en gooi haar arms om my. “Thank you darling”. “Ja Suzy, whatever … ek moet Zim toe … skies hier voor my”.

Ons moes geweet het dinge is te goed om waar te wees – veral toe die effe mollige “poliesman” by die Natis check ons met sy dik wysvinger wys ons kan maar ry … ons gesigte is evidence enough dat die kar nie gesteel is nie.

En toe begin die bollie … emmers vol daarvan.

Dis chaos aan die Zim kant. Dit lyk soos die laaaaste EVER kerkbasaar wat die NG Kerk OOIT gaan aanbied, en elke lidmaat het al hulle huisraad gebring vir die tombola tafel. Ek moet kort kort my kakebeen toedruk …

Ons ry ‘n kind net net mis waar sy in die middel van die pad piepie. Haar ma besig om te kyk. Daar is geen aanduiding van ENIGE aard waar om te parkeer nie. Sodra ons stop, dan storm die “runners” op ons af en bied hulle dienste aan. Ons kry einde ten laas ‘n grenspos amptenaar in die hande en vra in baie stadige engels WAAR moet ons heen. Hy verstaan nie ‘n woord wat ons vir hom seg nie. Die moedeloosheid wat op ‘n mens toesak is soos die rookwolk op die werk se rokersbalkon.

Ons parkeer die Landy met ‘n skrefie oog runner met ‘n blou laphoed wat vir ons buite wag. Hy verduidelik dit gaan ons 6 ure vat om deur te kom – en even DIT kan hy nie waarborg nie. Die grenspos amptenaar “confirm” dit … en ek voel ek wil huil. Ek het nie die krag om vir 6ure in ‘n tou te gaan staan nie.

Ons waarsku altyd almal om nooit ooooooit van die runners gebruik te maak nie. Hulle vat jou paspoorte en trek jou aan die arm immigrasie kantore toe … en as jy tydens die hele proses weier om hulle te betaal, hou hulle jou paspoort.

‘n Onlangse Afrika studie wat die SAIRR gedoen het, het gewys dat Zim van die mees korrupste polisie het. Ek kon dit nie glo nie. Nog elke trippie deur Zim is ons baie beindruk met hulle hulp. Die trotsheid van hulle uniforms. Die baie vriendelike diens. Maar dit geld duidelik nie op die grens nie – veral nie Beitbrug grens nie.

Pieter onderhandel met die “runner” – hy sal saam met hom ingaan, dan bly ek agter om die Landy op te pas. Ek het nog nooit so hard gebid nie. Ek kyk my man agterna met sy strepies hemp en wonder onwillekeurig of ek hom ooit weer gaan sien.

Nie honderd jaar later nie, toe begin die gepeuter aan die Landy. Skelms wat probeer kyk of ons nie dalk ‘n deur oopgelos het nie. Ek klim soos Orca uit die Landy en skreeu soos tannie Stienie op Agter Elke Man op hulle. Hulle verdwyn vir ‘n paar minute maar probeer dan weer hulle “luck”. Ek het tot ‘n idiot gehad wat agter teen die Landy se leer opgeklim het. Die angs waardeur ‘n mens gaan is onbeskryflik.

In die tussentyd het ‘n taxi vol goedere voor my ingetrek. Die bestuurder en sy hordes passasiers wat in ‘n heftige tif betrokke is. Dis ‘n ge-arm swaai en oor en weer gluur. Deur die reën kon ek min sien, maar die vrouens was nie gelukkig nie. “Pieter … waar de hel bly jy?”

Ons het half 5 die oggend op Beitbrug gestop … 8uur toe betaal Pieter die runner sy laaste geld met ‘n “bogger off nou” groet en ry ons die grenspos uit. Ons vleis versteek in die geheime laai moes dringend terug vrieskas toe … en ons moes vinnig water in ons keelgate kry. En ek moes my man kalmeer …

Beitbrug is Beitbrug – daar is nie ‘n maklike manier om daardeur te kom nie. Maar Afrika was nog nooit vir sissies nie.

Vanaf Beitbrug vat die pad ons Mashvingo toe – Zimbabwe ruines toe. In 2011 kon ons nie die ruines sien nie – dit het te veel gereën. Ons wou hierdie keer nie weer dit misloop nie.

Die pad was bitter lank en in ‘n gehawende toestand. ALS gaan in Zim agteruit blyk dit ons. Dis jammer, want dit is so ‘n vriendelike mooi land. Ons het ten minste twee ernstige trok ongelukke op die pad gekry – en halfpad by ‘n oorstop het ons koffie gemaak. ‘n Vuil verwaarloosde seun het naby met sy verslete tyre gespeel en ons dopgehou. Ek het die kospakkies se oorskiet in ‘n sak gesit en my mooiste smile geplak en na hom gestap. Hy het onmiddelik weggehardloop. My hart het in my keel loop sit.

“It is food … for you”. Nope – hy wou nogsteeds nie kom nie. “I will put it here on the ground” seg ek vir hom … Hy kom stadig nader en toe hy by die pakkie is, gryp hy dit en hol. Later offer ek vir hom ‘n broodjie … toe hy sy hand uitsteek vra hy my “are you going to hit me”. F*k! Hoe kan ‘n hart NIE breek vir so iets nie?

So ploeter ons voort Masvhingo toe. Daar is ‘n oormaat trokke op die pad, en die beeste, donkies en bokke maak dit bitter moeilik om ‘n konstante spoed te handhaaf.

In 2011 het ‘n stroppy polisieman net voor Mashvingo ons voorgekeur en in ‘n argument met Pieter betrokke geraak oor die sleepwa nie brieke het nie. Hoe meer Pieter verduidelik die wa is nie swaar genoeg vir brieke nie, hoe meer stry die man. Hy blaas die aftog toe ‘n vlaag reën op hom toestak en ons ry verder.

Selfde spot … different poliesman hierdie keer. Mooi vrou met sulke wit chappie tande. “Hallo friends … welcome to Zimbabwe … and a merry Christmas”. Ek dag ek soen haar.

Ons vat die afdraai na die ruines toe en ry ‘n onbekende pad van laas wat ons hier was. Die wêreld is nat en die frangipani’s blom oral. Die “boom” van die Great Zim Hotel maak oop en ons ry die mooiste MOOISTE plek binne. Jy kan jou inleef hoe dit desjare hier moes gelyk het. “Tea parties” op die patios en “afternoon sandwiches on the deck”.

Ons ry deur, want ons kamp vanaand by die ruines. Die vrou by die hek verstaan min Engels, maar help tog baie vriendelik. Ons vra wanneer kan die gids ons ruines toe vat … en sy seg “now”. “Nee mamma Africa … ons gatte is te moeg om NOU 700m ver na die ruines toe te stap”. Ek sien my man wil vir haar verduidelik van sy dag … die skrefies oog blou lap hoed runner by Beitbrug … die trokke op die pad. Sy swaai vinnig haar storie en seg sy sal reël dat iemand ons more oggend 6uur kry om te vat … Ek kan myself nou “mentally” voorberei om 700m ver te stap.

Sy maak die “boom” oop en ons ry in. Reception toe. Ons gaan kamp. Of gaan ons? Die groen gras oorskadu als – selfs die plaat blou ape en trop bobbejane wat op die “camping site” sit. My oog vang dit en ek wys vir Pieter. Die ablusies het geeeeeeen dakke meer op nie. I’m all for open wide spaces, maar ek wil graag my besigheid onder dak toe … thank you. En dan sien ons dit … verwoesting. Brand verwoesting. Meer as die helfte van die terrein en chalets het afgebrand. Blykbaar ‘n maand terug gebeur. Kampeerder wat sy warm kole soos ‘n idiot in die veld ingegooi het …

Ons kan kamp seg die petite Zim poppie by die opslaan tafel “at reception”. Maar daar is nie ‘n druppel water in die kamp nie. En nee, sy weet ook nie wanneer daar weer water gaan wees nie.

Ons draai terug hotel toe en kom vra mooi asamblief vir ‘n kamer.

“Moses” agter die toonbank is Engels magtig – en baie hulpvaardig. Hy gaan wys vir Pieter wat is beskikbaar … en toe hy my in die Landy sien sit maak hy met sy arms soos ‘n brulpadda langs sy sye en seg vir Pieter … “I will upgrade you to king size bed”. Enigste en eerste keer wat my gewig in ons guns tel.

Nou lê ons hier met ‘n “state of the art fan” en DSTV op ‘n spierwit bed en wonder WAT die dag van more gaan bring.

Ek mis my yskoue lemoensap …

Mooi loop …